Numbers 36:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer die jubeljaar van die kinders van Israel is, dan sal hulle erfdeel gevoeg word by die erfdeel van die stam waarby hulle ontvang is; so sal hulle erfdeel weggeneem word van die erfdeel van die stam van ons vaders.
Afrikaans (NLV) 2011 Wanneer die Hersteljaar vir die Israeliete aanbreek, sal die grond wat hulle geërf het, permanent deel word van die eiendom van die stam aan wie hulle dan behoort. Ons stam is dan daardie grond vir altyd kwyt.”
Afrikaans 1933/1953 En as die jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.
Afrikaans 1983 As die hersteljaar vir die Israeliete aanbreek, sal die dogters se grond gevoeg word by die stam waaraan hulle dan behoort, en so sal hulle grond van dié van ons families weggeneem word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as dit dan jubeljaar is vir die Israeliete, sal hulle erfdeel bygevoeg word by die erfdeel van die stam waaraan hulle dan behoort; en so word hulle erfdeel uit die erfdeel van die stam van ons voorouers weggeneem.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer dit Hersteljaar word vir die Israeliete, dan sal hulle grond gaan na die grond van die stamme met wie se mans hulle getrou het, en hulle grond sal nie meer by die grond wees wat ons voorvader se stam gekry het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) En as die 50ste feesjaar aanbreek, word hierdie grond die permanente eiendom van daardie stam. So word ons wettige grond van ons af weggevat.”