Numbers 36:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het gesê: Die HERE het my heer bevel gegee om die land as 'n erfdeel deur die lot aan die kinders van Israel te gee; en my heer is deur die HERE bevel gegee om die erfdeel van ons broer Selofhad aan sy dogters te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het gesê: “Meneer, die Here het u beveel om die land deur loting tussen die Israeliete te verdeel. Die Here het u ook beveel om ons broer Selofgad se grond vir sy dogters te gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê: Die HERE het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die HERE bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selofhad aan sy dogters te gee. |
| Afrikaans 1983 | en gesê: “Toe die Here u beveel het om die land tussen die Israeliete te verdeel, het die Here u ook opdrag gegee om die grond wat ons stamverwant Selofgad toegekom het, aan sy dogters te gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gesê: “Vir my heer het die Here opdrag gegee om die land deur loting, met erfreg vir die Israeliete, te gee. En my heer is deur die Here beveel om die erfdeel van Selofgad, ons volksgenoot, vir sy dogters te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gesê: “Die Here het vir Meneer gesê jy moet lootjies trek en die land verdeel tussen die Israeliete. Die Here het ook vir Meneer gesê jy moet ons broer Selofgad se grond vir sy dogters gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die saak so gestel: “Toe die Here jou beveel het om die land onder die mense te verdeel deur lootjies te trek, het Hy mos ook vir jou gesê om vir Selofgad se dogters sy deel te gee. |