Numbers 36:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle is getroud in die geslagte van die seuns van Manasse, die seun van Josef, en hulle erfdeel het oorgebly in die stam van die geslag van hulle vader.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het binne die stam van Manasse, die seun van Josef, getrou. Hulle grond het deel gebly van die grond van hulle pa se stam.
Afrikaans 1933/1953 hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.
Afrikaans 1983 Hulle het getrou binne die stam van Manasse seun van Josef, en hulle grond het deel gebly van dié van hulle pa se stam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met mans uit familiegroepe van die nageslag van Manasse, seun van Josef, het hulle getrou. Hulle erfdeel het gebly by 'n familiegroep van hulle vader se stam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het getrou met manne van die nageslag van Manasse seun van Josef, en hulle grond het gebly by die grond van die families van die nageslag van hulle voorvader.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ***