Numbers 36:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die familiehoofde van die geslagte van die kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van die seuns van Josef, het nader gekom en gespreek voor Moses en voor die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel:
Afrikaans (NLV) 2011 Uit die groep van Gilead, die seun van Makir, seun van Manasse uit die Josefstam, het familieleiers gekom en met Moses en met die ander familieleiers kom praat.
Afrikaans 1933/1953 En die familiehoofde van die geslag van die kinders van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek
Afrikaans 1983 Die familiehoofde van die mense van Gilead seun van Makir, seun van Manasse uit die Josefstam, het met Moses en die leiers, die familiehoofde van die Israeliete, kom praat
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die familiehoofde van die familiegroep wat afstam van Gilead, seun van Magir, seun van Manasse, uit die familiegroepe wat van Josef afstam, het na vore getree. Hulle het voor Moses en die leiers, die familiehoofde van die Israeliete, gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Gilead was die seun van Makir seun van Manasse, hulle was uit die nageslag van Josef. Die familiehoofde van die families uit die nageslag van Gilead het kom praat met Moses en die familiehoofde van die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het ’n groep familiehoofde van die mense van Gilead, die seun van Magir uit die stam van Manasse, na Moses en die ander leiers van Israel toe gekom met ’n versoek.