Numbers 35:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die stede wat julle sal gee, moet uit die besitting van die kinders van Israel wees; van die wat baie het, moet julle baie gee; maar van die wat min het, moet julle min gee; elkeen moet van sy stede aan die Leviete gee volgens sy erfdeel wat hy erf.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die dorpe wat julle vir hulle afstaan, moet uit die Israeliete se eie grondgebied kom. Die groter stamme moet meer dorpe afstaan en die kleiner stamme minder. Elke stam moet aan die Leviete blyplek gee in verhouding tot die grond wat hy gekry het.”
Afrikaans 1933/1953 En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee -- julle moet van die wat baie is, baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
Afrikaans 1983 Die stede wat julle in die gebied van elke stam aan die Leviete gee, moet volgens die grootte van die gebied wees wat elke stam gekry het: meer stede van die groter stamme en minder van die kleiner stamme.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En wat die stede betref wat julle uit die erfgrond van die Israeliete afstaan: Van dié wat baie stede het, moet julle meer neem, en van dié wat min stede het, moet julle minder neem. Elke stam moet volgens sy erfenis wat hy ontvang, van sy stede vir die Leviete afstaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Groot stam moet meer stede vir die Leviete gee en 'n kleiner stam moet minder stede vir hulle gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die aantal stede wat elke stam vir die Leviete moet gee, hang saam met die grootte van die stam en die hoeveelheid grond wat hulle gekry het. As dit een van die groter stamme is, moet hulle meer stede afstaan. En as dit een van die kleiner stamme is, moet hulle minder stede afstaan.”