Numbers 35:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En onder die stede wat julle aan die Leviete moet gee, moet daar ses stede as toevlug wees, wat julle vir die man wat doodgemaak het, moet aanstel, dat hy daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede byvoeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Van die dorpe wat julle vir die Leviete gee, moet ses dorpe aangewys word waarheen iemand kan vlug wat ’n ander mens doodgemaak het. Behalwe hierdie ses moet julle ook nog 42 ander dorpe vir die Leviete gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses vrystede wees wat julle moet gee, dat die een wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee en veertig stede gee. |
| Afrikaans 1983 | “Ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet asielstede wees waarheen iemand wat 'n ander se dood veroorsaak het, kan vlug. Afgesien hiervan moet julle vir die Leviete nog twee en veertig stede gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wat die stede betref wat julle vir die Leviete moet gee: Daar moet ses asielstede wees van dié wat julle afstaan, sodat iemand wat 'n lewe geneem het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle nog twee-en-veertig stede afstaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, moet asielstede wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy iemand anders doodgemaak het. Saam met hierdie stede moet julle nog 42 ander stede vir hulle gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Verder moet ses van die stede wat julle vir die Leviete gee, stede wees waarheen ’n persoon sou kon vlug wat iemand anders per ongeluk doodgemaak het. Bo en behalwe hierdie ses stede moet julle vir hulle nog 42 ander stede ook gee. |