Numbers 35:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet van buite die stad af meet, aan die oostekant twee duisend el, en aan die suidekant twee duisend el, en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el; en die stad sal in die middel wees: dit moet vir hulle die weiveld van die stede wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Meet van die buitekant van die dorp 900 meter af in al die rigtings — oos, suid, wes en noord — met die dorp reg in die middel. Dit sal die groter gebied rondom die dorp wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant twee duisend el en aan die suidekant twee duisend el en aan die westekant twee duisend el en aan die noordekant twee duisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien. |
| Afrikaans 1983 | Meet van die buitekant van die stad af aan die oostekant nege honderd meter, aan die suidekant nege honderd meter, aan die westekant nege honderd meter, en aan die noordekant nege honderd meter, met die stad in die middel. Dit sal hulle weiveld rondom die stede wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet buite die stad aan die oostekant tweeduisend el afmeet, aan die suidekant tweeduisend el, aan die westekant tweeduisend el en aan die noordekant tweeduisend el, met die stad in die middel; en dit moet vir hulle die meentgrond van die stede wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet van die buitekant van die stadsmuur 2 000 el na elke kant meet, en die stad moet in die middel wees. Dit is die weiveld by die stede wat die Leviete moet kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |