Numbers 35:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom mag julle die land waarin julle is nie ontheilig nie, want bloed verontreinig die land; en die land kan nie gereinig word van die bloed wat daarin vergiet is nie, maar deur die bloed van hom wat dit vergiet het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle moenie die land besoedel waarin julle woon nie. Moord besoedel die land. Die moord wat gepleeg is, kan ook nie anders versoen word as deur die teregstelling van hom wat die moord gepleeg het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag die land waarin julle woon, nie onrein maak nie, want bloedvergieting verontreinig die land en daar kan alleen deur die dood van hom wat die bloed vergiet het, versoening gedoen word vir die land waarin die bloed vergiet is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle mag nie die land waarin julle is, besoedel nie. Ja, bloed, dit is wat die land besoedel. Vir die land word nie versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, behalwe deur die bloed van hom wat dit vergiet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie die land ontwy waar julle woon nie, want moord ontwy 'n land. Niemand kan versoening doen vir die land waar iemand vermoor is nie. Die moordenaar moet ook sterf, net dít sal vir die land versoening doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle mag nie die land waarin julle nou gaan bly, met moord besoedel nie. Daar is net een manier waarop die skuld hiervoor betaal kan word om die land weer skoon te kry en dit is om die persoon wat die moord gepleeg het, tereg te stel. |