Numbers 35:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder mag julle geen versadiging neem vir die lewe van 'n moordenaar wat skuldig is aan die dood nie, maar hy moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Julle mag nooit ’n afkoopboete aanvaar vir ’n moordenaar wat skuldig bevind is nie. Hy moet beslis doodgemaak word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van 'n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans 1983 | Julle mag nie loskoopgeld aanneem vir die lewe van 'n moordenaar wat die dood skuldig is nie. Hy moet beslis doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Julle mag nie vrykoopgeld aanvaar vir die lewe van 'n moordenaar wat ter dood veroordeel is nie, want hy moet beslis sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie geld neem van iemand omdat hy wil hê jy moet sê 'n moordenaar moenie sterf nie, want 'n moordenaar móét sterf, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Moordenaar wat skuldig bevind is, moet tereggestel word. Hy kan nie ’n loskoopboete betaal nie. |