Numbers 35:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie iemand doodslaan, die moordenaar moet deur die mond van getuies gedood word; maar een getuie mag nie teen iemand getuig om hom te laat sterf nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Enige persoon wat skuldig bevind word dat hy iemand anders doodgemaak het, moet tereggestel word. Hy mag egter nooit op grond van slegs een getuie tereggestel word nie.
Afrikaans 1933/1953 As iemand 'n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.
Afrikaans 1983 Enigeen wat die dood van 'n ander veroorsaak, mag slegs as moordenaar doodgemaak word op grond van die getuienis van meer as een persoon. Een getuie is nie genoeg om iemand met die dood te straf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Wat betref enigiemand wat 'n persoon doodgemaak het – net op grond van die verklaring van getuies mag die een wat 'n lewe geneem het, doodgemaak word. Maar die doodstraf mag nie opgelê word wanneer net een getuie teen 'n persoon getuig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer iemand 'n ander mens doodmaak, en getuies sê hulle het dit gesien, dan moet die moordenaar sterf. Maar wanneer daar net een getuie is, dan mag die moordenaar nie sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand wat van moord aangekla word, mag slegs tereggestel word indien daar meer as een getuie is wat dit gesien het. Die getuienis van een persoon is nie aanvaarbaar nie.