Numbers 35:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die stede sal hulle hê om in te woon; en hulle weiveld moet vir hulle vee en vir hulle besittings en vir al hulle vee wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Leviete sal dan hulle eie blyplekke hê. Die veld rondom sal weiplek wees vir hulle beeste, kleinvee en hulle ander diere. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal hulle stede hê om in te woon, en ook weivelde vir hulle beeste, hulle kleinvee en ander diere. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stede is vir hulle om in te woon, en die meentgrond is vir hulle beeste en vir hulle besittings, en vir al hulle diere. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Leviete moet in die stede woon en daar moet weiveld wees vir al hulle diere. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie stede met die weivelde moet hulle eiendom word, sodat hulle daar kan bly en hulle beeste en skape daar kan laat wei. |