Numbers 35:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hy in sy vrystad moes gebly het tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester moet die moordenaar teruggaan na die land van sy besitting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man wat die ander se dood veroorsaak het, moet in die plek van asiel bly totdat die hoëpriester sterf. Hy kan eers nadat die hoëpriester dood is, teruggaan na sy eie grond waar hy vandaan kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ndie dood van die hoëpriester mag die een wat 'n doodslag begaan het, teruggaan na die land waar sy besitting lê. |
| Afrikaans 1983 | Die man wat die dood veroorsaak het, moet in die asielstad bly tot die dood van die hoëpriester, en eers ná die dood van die hoëpriester kan hy na sy eie grond toe teruggaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die persoon moet in sy asielstad bly tot die dood van die hoëpriester. Ná die dood van die hoëpriester mag die een wat 'n lewe geneem het, na die streek van sy erfgrond terugkeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die persoon wat die ander persoon doodgemaak het, in die asielstad bly totdat die hoëpriester dood is, dan mag hy daarna teruggaan na sy grond. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Want iemand wat na ’n toevlugstad toe gevlug het, moet daar bly tot die dood van die hoëpriester. Eers daarna is dit veilig om uit te kom en terug te gaan huis toe. |