Numbers 35:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vergadering moet die doodslager uit die hand van die bloedwrekenaar red, en die vergadering moet hom teruggee in die vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat is met die heilige olie gesalf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die regters moet die beskuldigde beskerm teen die familie wat wil wraak neem. Hulle moet hom terugstuur na die plek van asiel waarheen hy gevlug het. Hy moet daar bly totdat die hoëpriester, wat vir sy amp met olie gesalf is, die dag doodgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vergadering moet hom wat 'n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is. |
| Afrikaans 1983 | Die vergadering moet die beskuldigde bevry uit die mag van die bloedverwant en hom terugstuur na die asielstad toe waarheen hy gevlug het. Dáár moet hy bly totdat die hoëpriester, die man wat met gewyde olie gesalf is, gesterf het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volksvergadering moet die een wat 'n lewe geneem het uit die hand van die bloedwreker red. Die volksvergadering moet hom laat terugkeer na sy asielstad waarheen hy gevlug het. Hy moet daarin woon tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volksvergadering moet die persoon wat die ander een doodgemaak het, red van die familielid van die persoon wat dood is. Die vergadering moet hom terugstuur na die asielstad waarnatoe hy gevlug het, en hy moet daar bly totdat die hoëpriester gesterf het wat met die gewyde olyf-olie gesalf is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die vergadering besluit dat die persoon per ongeluk doodgemaak is en dat dit nie ’n beplande moord was nie, moet hulle hulle uitspraak in die guns van die beskuldigde gee. Om hom te beskerm teen die wraak van die familielid van die dooie, moet hulle hom laat teruggaan na die toevlugstad waarheen hy gevlug het. Hy moet in dié stad bly tot die dood van die hoëpriester. |