Numbers 35:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of met enige klip waarmee 'n mens kan sterwe sonder dat hy hom sien en dit op hom werp, sodat hy sterf en nie sy vyand was nie, en ook nie sy onheil gesoek het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 of as iemand sonder dat hy mooi kyk iemand teen wie hy niks het nie met ’n klip raak gooi dat hy daarvan doodgaan,
Afrikaans 1933/1953 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe -- as hy, sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy onheil nie gesoek het nie,
Afrikaans 1983 of as iemand sonder dat hy kyk 'n klip gooi wat die dood kan veroorsaak, en dit 'n ander tref, sodat hy sterf, en hy wat gegooi het, het dit nie uit vyandskap of met verkeerde bedoelings gedoen nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of in onoplettendheid ook enige klip wat die dood kan veroorsaak, en hy hom getref het, en hy dood is, maar hy was nie sy vyand nie, en hy het nie bedoel om hom kwaad aan te doen nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of hy gooi 'n gevaarlike klip, hy sien nie waarnatoe die klip gaan nie, en hy gooi iemand raak wat nie sy vyand is nie, iemand wat hy nie wil seermaak nie. As daardie persoon sterf,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) of sonder dat hy dit gesien het, hom met ’n klip raak gooi sonder enige bybedoelings en die persoon gaan as gevolg hiervan dood,