Numbers 35:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of slaan hom in vyandskap met sy hand, dat hy sterwe; wie hom geslaan het, moet sekerlik gedood word; want hy is 'n moordenaar: die bloedwreker sal die moordenaar doodmaak as hy hom ontmoet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | of hom moedswillig met die vuis slaan sodat hy sterf, moet hy tereggestel word. Hy is skuldig aan moord. ’n Naaste familielid van die slagoffer moet sy dood wreek en die moordenaar doodmaak waar hy hom ook al kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is 'n moordenaar; die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry. |
| Afrikaans 1983 | of hom uit vyandskap met die vuis slaan, sodat hy sterf, moet so iemand doodgemaak word; hy is 'n moordenaar. 'n Bloedverwant van die oorledene moet die dood wreek en die moordenaar doodmaak waar hy hom ook al kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | of hom uit vyandskap met die hand geslaan het, en hy is dood, moet die een wat doodgemaak het, beslis sterf; hy is 'n moordenaar. Die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak wanneer hy hom raakloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | of wanneer iemand 'n vyand is van iemand anders en hy slaan die persoon dood, dan moet die persoon wat hom doodgeslaan het, ook sterf, dit is seker. Hy is 'n moordenaar, en die naaste familielid van die persoon wat gesterf het, moet die moordenaar doodmaak waar hy hom kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | of hom met die vuis slaan sodat hy doodgaan, is dit moord. Dan moet die moordenaar die doodstraf kry. ’n Familielid van die vermoorde het die verantwoordelikheid om die moordenaar te soek en aan die pen te laat ry vir die moord.” |