Numbers 35:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van die erfdeel van hulle besitting stede gee om in te woon; en julle moet ook aan die Leviete weiveld gee vir die stede rondom hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 “Beveel die Israeliete om van hulle grond vir die Leviete te gee sodat hulle dorpe kan hê om in te bly. Hulle moet ook die veld rondom die dorpe vir hulle gee.
Afrikaans 1933/1953 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
Afrikaans 1983 “Sê vir die Israeliete hulle moet in die gebiede wat hulle besit, vir die Leviete stede gee om in te woon, en ook weiveld rondom die stede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Gee die Israeliete opdrag dat hulle vir die Leviete van hulle onvervreembare erfgrond moet gee as stede om in te woon. Julle moet ook meentgrond rondom hulle stede vir die Leviete gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê hulle moet vir die Leviete stede gee om in te woon in die land wat hulle kry. Hulle moet ook vir die Leviete weiveld rondom die stede gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet vir die Israeliete sê dat wanneer hulle hulle grond gekry het, hulle vir die Leviete stede moet gee om in te bly met goeie weiveld.