Numbers 35:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die bloedwrekenaar self sal die moordenaar doodmaak; as hy hom teëkom, sal hy hom doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die slagoffer se naaste familielid moet sy dood wreek. Hy moet die moordenaar doodmaak waar hy hom ook al kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak. |
| Afrikaans 1983 | 'n Bloedverwant van die oorledene moet die dood wreek en die moordenaar doodmaak waar hy hom ook al kry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bloedwreker, hy moet die moordenaar doodmaak. Wanneer hy hom raakloop, moet hy hom doodmaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Die persoon wat die moordenaar moet doodmaak, is die naaste familielid van die persoon wat dood is. Hy moet hom doodmaak waar hy hom kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In al hierdie gevalle het die naaste familielid van die vermoorde persoon die verantwoordelikheid om die moordenaar aan die pen te laat ry vir die moord. |