Numbers 35:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Of as hy hom slaan met 'n houthandwapen waarmee hy kan sterf, en hy sterf, is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy hom met ’n stuk hout doodgeslaan het, is dit moord. Hy moet tereggestel word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Of as hy hom slaan met 'n houtvoorwerp in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. |
| Afrikaans 1983 | As iemand in sy hand 'n stuk hout het wat groot genoeg is om 'n mens mee dood te maak, en hy slaan 'n ander dat hy sterf, is hy 'n moordenaar en moet hy beslis doodgemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of as hy met 'n houtvoorwerp in die hand wat die dood kan veroorsaak, iemand geslaan het, en hy is dood, is hy 'n moordenaar. Die moordenaar moet beslis sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Of as hy iemand met 'n gevaarlike stuk hout geslaan het, en die persoon sterf, dan is hy 'n moordenaar, en 'n moordenaar moet sterf, dit is seker. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En as iemand ’n ander persoon met ’n gevaarlike stuk hout bydam en hy gaan dood, is dit moord. Dan moet die moordenaar die doodstraf kry. |