Numbers 35:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hy hom slaan deur 'n klip te gooi waarmee hy kan sterwe, en hy sterf, is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
Afrikaans (NLV) 2011 As iemand ’n ander een met ’n groot klip in sy hand doodgemaak het, is dit moord. Hy moet beslis doodgemaak word.
Afrikaans 1933/1953 En as hy hom slaan met 'n klip in die hand -- waardeur iemand kan sterwe -- en hy sterwe, dan is hy 'n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
Afrikaans 1983 As iemand in sy hand 'n klip het wat groot genoeg is om 'n mens mee dood te maak, en hy slaan 'n ander daarmee dat hy sterf, is hy 'n moordenaar en moet hy beslis doodgemaak word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En as hy met 'n klip in die hand wat die dood kan veroorsaak, iemand geslaan het, en hy is dood, is hy 'n moordenaar. Die moordenaar moet beslis sterf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as hy iemand met 'n gevaarlike klip geslaan het, en die persoon sterf, dan is hy 'n moordenaar, en 'n moordenaar moet sterf, dit is seker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Of as iemand ’n ander persoon met ’n groot klip slaan en hy gaan dood, is dit moord. Dan moet die moordenaar die doodstraf kry.