Numbers 35:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hierdie ses stede sal 'n toevlug wees vir die kinders van Israel sowel as vir die vreemdeling en vir die bywoner onder hulle;
Afrikaans (NLV) 2011 Hierdie ses plekke moet beskerming gee vir Israeliete, vreemdelinge en enigiemand wat tydelik tussen julle woon. Enigeen wat ’n ander een per ongeluk doodgemaak het, kan daarheen vlug.”
Afrikaans 1933/1953 Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het.
Afrikaans 1983 Die ses stede moet plekke van asiel wees vir Israeliete sowel as vir vreemdelinge en ander uitlanders tussen julle, sodat elkeen wat onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het, daarheen kan vlug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die Israeliete, vir •vreemdelinge en vir bywoners tussen julle moet hierdie ses asielstede daar wees, sodat enigiemand wat 'n persoon onopsetlik doodgemaak het, daarheen kan vlug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie ses stede moet asielstede wees vir die Israeliete en vir die vreemdelinge en ander mense by hulle wat nie Israeliete is nie. Elkeen wat iemand doodmaak maar wat dit per ongeluk gedoen het, moet daarnatoe kan vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie stede moet veilige stede wees vir enigeen wat per ongeluk iemand anders doodgemaak het, of die persoon nou ’n Israeliet is of een van die ander mense wat saam met julle bly. Dit geld vir almal.