Numbers 35:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal vir julle stede wees as toevlug teen die wraakgierige; dat die moordenaar nie sterf nie, totdat hy voor die vergadering staan in die oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die persoon sal hier beskerming teen die wraak van die vermoorde se familie kry. Die persoon mag nie tereggestel word voordat hy voor die regters verskyn het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die bloedwreker, sodat hy wat 'n doodslag begaan het, nie sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie. |
| Afrikaans 1983 | Dit moet vir julle plekke wees waar julle veilig is teen die wraak van 'n bloedverwant van die oorledene, sodat iemand wat 'n ander se dood veroorsaak het, nie hoef te sterf voordat hy sy saak voor die bevoegde vergadering gelê het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit moet vir julle asielstede teen bloedwrekers wees, sodat iemand wat 'n lewe geneem het, nie sal sterf voordat hy voor die volksvergadering verskyn het vir 'n beslissing nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die stede moet asielstede wees vir julle. Die naaste familielid van die persoon wat gesterf het, mag nie in die asielstad die moordenaar doodmaak wat een van sy familie doodgemaak het nie. Die volksvergadering moet eers oor hom oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan kan die familie van die persoon wat doodgemaak is, nie die ander persoon uit weerwraak daar kom vang en doodmaak nie. Daar sal hy eers die kans kry om sy saak aan die leiers van die volk te stel. |