Numbers 35:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet julle stede aanstel om vir julle vrystede te wees; dat die moordenaar daarheen kan vlug, wat iemand onverhoeds doodmaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet julle bepaalde dorpe aanwys waar iemand wat ’n ander mens sonder opset doodgemaak het asiel kan gaan kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat 'n doodslag begaan het, een wat per ongeluk 'n mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug. |
| Afrikaans 1983 | moet julle stede aanwys wat asielstede vir julle kan wees waarheen 'n persoon kan vlug wat onopsetlik die dood van 'n ander veroorsaak het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet julle vir julle stede uitsoek; asielstede moet dit vir julle wees. Iemand wat 'n lewe geneem het, wat iemand onopsetlik gedood het, moet daarheen vlug. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet julle stede kies wat vir julle asielstede kan wees. Iemand kan daarnatoe vlug wanneer hy 'n ander mens per ongeluk doodgemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet julle vir julle ’n aantal stede uitsoek wat bekend sal staan as toevlugstede. Die doel van hierdie stede is dat as iemand sonder opset ’n ander persoon doodgemaak het, hulle daarheen kan vlug en daar beskerm kan word. |