Numbers 34:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens sal 'n pas loop van Asmon af tot by die rivier van Egipte, en die uitgange daarvan moet by die see wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar draai dit weg en loop met die Egiptespruit langs tot by die Middellandse See.
Afrikaans 1933/1953 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.
Afrikaans 1983 waar dit wegdraai en met Egiptespruit langs loop tot by die see.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens swaai dan van Asmon af na die Spruit van Egipte, en die verste punt is die see.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar draai die grens en dit gaan na Egipte-spruit en tot teen die see.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) waar dit wegdraai en al met die kloof wat die grens met Egipte vorm, langs strek tot by die Middellandse See.