Numbers 34:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is hulle vir wie die HERE beveel het om die erfdeel aan die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is die leiers wat die Here aangewys het om te help met die verdeling van Kanaän onder die Israeliete. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel. |
| Afrikaans 1983 | Dit is die manne aan wie die Here opdrag gegee het om Kanaän onder die Israeliete te help verdeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is hulle vir wie die Here opdrag gegee het om aan die Israeliete hulle erfenis toe te wys in die land Kanaän. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het hierdie manne gekies om die land Kanaän te verdeel vir die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is die leiers aan wie die Here die opdrag gegee het om die grond in Kanaän onder die Israeliete te help verdeel. |