Numbers 34:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom; (dit is die land wat vir julle as 'n erfdeel sal toeval, die land Kanaän met sy grondgebiede.)
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee hierdie opdrag vir die Israeliete: Ek gee Kanaän vir jou as erfdeel. Wanneer julle in die land gekom het, moet dit die volgende grense hê:
Afrikaans 1933/1953 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.
Afrikaans 1983 “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle in Kanaän kom, moet die land wat vir julle as besitting aangewys is, die volgende grense hê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Gee die Israeliete opdrag en sê vir hulle, ‘Wanneer julle in die land Kanaän aankom, is dít die grondgebied wat aan julle as erfenis toeval – die land Kanaän met sy grense:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle sal die land Kanaän kry, die hele land tot by sy grense. “Wanneer julle in die land gekom het,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir die Israeliete Ek gee vir hulle die hele land Kanaän om in te bly, dit behoort nou aan hulle. Die grense van die land lyk so: