Numbers 34:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die stam van die kinders van Ruben volgens die huis van hulle vaders, en die stam van die kinders van Gad volgens die huis van hulle vaders, het hulle erfdeel ontvang; en die helfte van die stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het reeds hulle grond gekry. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang -- hulle het hul erfdeel ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Die families in die stamme Ruben en Gad en die halwe Manassestam het reeds hulle grond gekry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die stam van die nageslag van Ruben het, volgens hulle families, hulle deel ontvang, en die stam van die nageslag van Gad, volgens hulle families. Ook die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die families van die Ruben-stam en die Gad-stam en die een helfte van die Manasse-stam het klaar hulle grond gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [14-15] Die stamme van Ruben en Gad en die halwe Manassestam het mos reeds hulle grond aan die oostekant van die Jordaanrivier regoor Jerigo gekry.” |