Numbers 34:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot beërwe het wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot onder mekaar moet verdeel. Die Here het beveel dat dit tussen die res van die nege en ’n halwe stamme verdeel moet word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee. |
| Afrikaans 1983 | Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur loting moet verdeel, die gebied wat volgens bevel van die Here aan die nege en 'n halwe stamme gegee moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het die Israeliete beveel: “Dit is die land wat julle deur loting onder mekaar as erfenis moet verdeel, wat die Here beveel het om aan die nege-en-'n-halwe stamme te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle moet verdeel tussen nege en 'n halwe stamme, soos die Here gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het vir die Israeliete gesê: “Hierdie is die gebied wat die Here gee aan die nege en ’n half stamme wat nog nie grond gekry het nie. Julle moet lootjies trek om te sien wie watter deel kry as hulle eiendom. |