Numbers 33:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het van Pihagirot af weggetrek en deur die see getrek na die woestyn en drie dagreise in die woestyn Etam getrek en laer opgeslaan in Mara.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is van Pi-Hagirot weg en het deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Hulle het drie dae lank deur die Etamwoestyn getrek en toe by Mara kamp opgeslaan.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het van Pi-H girot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.
Afrikaans 1983 Hulle het die omgewing van Pi-Hagirot verlaat en deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Na drie dae se trek deur die Etamwoestyn het hulle by Mara kamp opgeslaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het by Pi-Hagirot weggetrek en dwarsdeur die see na die woestyn getrek. Hulle het drie dagreise ver die Etamwoestyn ingetrek en kamp opgeslaan by Mara.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het verder gegaan van Pi-Hagirot, hulle het deur die see na die woestyn van Etam gegaan en ná drie dae het hulle toe hulle tente opgeslaan by Mara.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die omgewing van Pi-Hagirot verlaat en deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Na drie dae se trek deur die Etamwoestyn het hulle by Mara aangekom en daar oorgebly.