Numbers 33:55 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as julle nie die inwoners van die land voor julle uit verdrywe nie; dan sal dit gebeur dat die wat julle van hulle laat oorbly, sal prikke in julle oë en dorings in julle sye wees, en julle sal vererg in die land waarin julle woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die inwoners van die land wat julle nie uitdryf nie, sal soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal met julle baklei omdat julle in die land woon.
Afrikaans 1933/1953 Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg in die land waar julle in woon.
Afrikaans 1983 As julle nie al die inwoners van die land verdryf nie, sal dié van hulle wat oorbly, soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal teen julle oorlog maak oor die land waarin julle woon,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘As julle egter nie die inwoners van die land voor julle uit verdryf nie, sal dié van hulle wat julle laat oorbly, soos splinters wees in julle oë en soos dorings in julle sye. Hulle sal julle aanval in die land waar julle woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En as julle nie die mense wegjaag wat in die land woon nie, dan sal daardie mense wat julle laat oorbly, vir julle wees soos dorings in julle oë en soos skerp penne in julle heupe. Hulle sal julle laat swaarkry in die land waar julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wees gewaarsku, as julle nie al die oorspronklike inwoners van hierdie gebied uit die land uit verdryf nie, gaan hulle vir julle groot probleme veroorsaak. Hulle sal net so irriterend wees soos ’n splinter in ’n mens se oog of ’n doring op ’n ongemaklike plek. Hulle sal julle in julle eie land aanval en teen julle oorlog maak.