Numbers 33:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet die land deur die lot as 'n erfdeel onder julle geslagte verdeel; en aan wie meer moet julle gee, hoe meer erfenis, en aan die minderes, hoe minder erfenis; elkeen se erfdeel moet wees op die plek waar sy lot val; volgens die stamme van julle vaders moet julle erwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Verdeel die land volgens die grootte van elke stam deur die lot te werp. Gee meer grond vir ’n groter groep, en minder vir ’n kleiner groep. Soos die lot dit uitwys, moet elkeen sy deel kry. So sal elke stam sy eie grond hê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe. |
| Afrikaans 1983 | Verdeel die land deur loting volgens julle stamme. Gee meer grond aan 'n groter groep, en minder aan 'n kleiner groep. Elkeen kry sy deel waar die lot dit aanwys. Elke stam moet sy eie grond hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet die land onder mekaar verdeel deur loting. Volgens julle familiegroepe moet julle vir dié wat baie is, 'n groter erfdeel gee; vir dié wat min is, moet jy 'n kleiner erfdeel gee. Waar die lot ook al vir iemand val, dit sal syne wees. Volgens die stamme van julle voorvaders moet julle dit onder mekaar verdeel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet lootjies trek en julle moet die land verdeel tussen julle families. Julle moet vir 'n groot familie 'n groot stuk grond gee en vir 'n kleiner familie 'n kleiner stuk grond. Elke persoon moet die grond kry wat die lootjie sê. Elke stam moet sy eie grond hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet die land verdeel deur die stamme volgens hulle getalle te laat lootjies trek. Die groter stamme moet meer grond kry as die kleiner stamme. Hierdie verdeling is finaal. Die verskillende stamme moet elkeen op hulle eie grond bly. |