Numbers 33:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En koning Arad, die Kanaäniet, wat in die suide in die land Kanaän gewoon het, het gehoor van die koms van die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn in Kanaän gebly. Hy het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.
Afrikaans 1933/1953 En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.
Afrikaans 1983 Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Suidland van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Kanaänitiese koning van Arad, die een wat in die Negev, in die land Kanaän, gewoon het, het toe gehoor dat die Israeliete aan die kom was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning van Arad was 'n Kanaäniet. Hy het gehoor dat die Israeliete in sy land gekom het. Hy het in die Suid-land gewoon, in die land Kanaän.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Kanaänitiese koning van Arad, wat in die Negev, die suidelike woestyngebied van Kanaän, gewoon het, het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.