Numbers 33:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester Aäron het op bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterf, in die veertigste jaar nadat die kinders van Israel uit Egipteland uitgetrek het, op die eerste dag van die vyfde maand.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het die priester Aäron beveel om teen Horberg uit te klim. Hy is daar dood in die middel van die somer, in die veertigste jaar ná Israel uit Egipte weg is.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ndie uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
Afrikaans 1983 Op bevel van die Here het die priester Aäron teen Horberg uitgeklim en daar op die eerste van die vyfde maand in die veertigste jaar ná die Israeliete se uittog uit Egipte gesterf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester Aäron het op bevel van die Here die berg Hor uitgeklim en daar gesterf in die vyfde maand, op die eerste van die maand, in die veertigste jaar ná die Israeliete se uittog uit Egipteland.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Aäron het teen Hor-berg opgegaan en hy het daar gesterf. Die Here het gesê hy moet daar sterf. Dit was op die eerste dag van die vyfde maand in die veertigste jaar nadat die Israeliete uit Egipte gekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In opdrag van die Here het die priester Aäron teen Hor uitgeklim en daar op die eerste van die vyfde maand gesterf, 40 jaar nadat die Israeliete uit Egipte weg is.