Numbers 33:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het hulle uittogte volgens hulle reise geskrywe volgens die bevel van die HERE; en dit is hulle togte volgens hulle uittogte.
Afrikaans (NLV) 2011 opgeteken. Hier volg van waar tot waar die Here hulle laat trek het:
Afrikaans 1933/1953 Volgens die bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
Afrikaans 1983 Op bevel van die Here het Moses soos hulle getrek het die name van die kampplekke aangeteken. Dit is hoe hulle getrek het:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het in opdrag van die Here die vertrekpunte van hulle trekskofte neergeskryf. Dit is dan hulle trekskofte volgens die vertrekpunte:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê Moses moet die name opskryf van die plekke van waar hulle elke maal verder gegaan het, en Moses het dit gedoen. Hier is 'n lys van die plekke:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos die Here vir Moses gesê het, moes hulle elke plek waar hulle gekamp het, se naam neerskryf. Die trek het so verloop: