Numbers 33:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die reise van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het met hulle leërs onder die hand van Moses en Aäron. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het die roete wat die Israeliete gevolg het nadat hulle uit Egipte weg is onder sy en Aäron se leiding |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder leiding van Moses en Aäron. |
| Afrikaans 1983 | Hier volg nou 'n oorsig van die Israeliete se kampplekke nadat hulle volgens stamindeling onder leiding van Moses en Aäron uit Egipte getrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is die trekskofte van die Israeliete wat onder leiding van Moses en Aäron, in hulle leërafdelings uit Egipteland weggetrek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is 'n lys van die plekke waar die Israeliete elke maal gekom het toe hulle uit Egipte gegaan het. Hulle het in groepe gegaan, en Moses en Aäron het hulle gelei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier volg ’n opsomming van die Israeliete se kampplekke nadat hulle onder Moses en Aäron se bevel uit Egipte getrek het. |