Numbers 32:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want toe hulle opgetrek het na die dal Eskol en die land sien, het hulle die hart van die kinders van Israel ontmoedig om nie in die land in te gaan wat die HERE aan hulle gegee het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hulle deur die Eskolspruit gegaan het en die land verken het, het hulle die Israeliete probeer terughou om nie na die land toe te gaan wat die Here vir hulle sou gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat die HERE aan hulle gegee het. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het tot by Eskolspruit gegaan en die land verken, en toe die Israeliete ontmoedig, sodat hulle nie na die land toe wou gaan wat die Here vir hulle gegee het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het opgetrek tot by die Eskoldal en die land deurgekyk; maar hulle het die Israeliete ontmoedig, sodat hulle nie na die land gegaan het wat die Here vir hulle gegee het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gegaan tot by die Druiwe-vallei en hulle het gekyk hoe die land lyk, maar hulle het die Israeliete bang laat word om na die land te gaan wat die Here vir hulle gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het tot in die Eskolvallei gegaan en die hele gebied deurgekyk, maar toe hulle terugkom, het hulle die volk so bang gepraat dat hulle nie meer in die land wou intrek wat die Here vir hulle gegee het nie. |