Numbers 32:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses aan die kinders van Gad en aan die kinders van Ruben: Sal julle broers oorlog toe trek en sal julle hier sit?
Afrikaans (NLV) 2011 Moses sê toe vir die Gadiete en Rubeniete: “Moet julle broers dan gaan oorlog maak en julle bly ewe rustig hier?
Afrikaans 1933/1953 Maar Moses het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil julle hier bly?
Afrikaans 1983 Moses sê toe vir hulle: “Moet julle volksgenote gaan veg terwyl julle hier bly?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir die nageslag van Gad en Ruben gesê: “Moet julle broers oorlog toe gaan terwyl julle hier bly?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Moses het vir die Gad-stam en die Ruben-stam gesê: “Moet die ander stamme gaan oorlog maak terwyl julle hier bly?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses antwoord toe: “Verstaan ek reg: Julle wil aan hierdie kant van die rivier bly terwyl die res van julle volksgenote aan die oorkant moet gaan veg vir wat aan hulle behoort?