Numbers 32:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, het hulle gesê, as ons genade in U oë gevind het, laat hierdie land aan U dienaars as 'n besitting gegee word, en bring ons nie oor die Jordaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle saamstem,” het hulle gesê, “gee dan eerder vir ons hierdie gebied as grond in plaas daarvan dat ons deurtrek en grond aan die oorkant van die Jordaan gaan beset.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hulle gesê: As ons genade in u oë gevind het, laat hierdie land aan u dienaars as 'n besitting gegee word; bring ons nie oor die Jordaan nie. |
| Afrikaans 1983 | As u dit goedvind,” het hulle gesê, “gee dan hierdie gebied vir ons as besitting en moet ons nie verplig om deur die Jordaan te trek nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het ook gesê: “As ons guns vind in u oë, gee dan hierdie gebied vir u dienaars as erfgrond. Moet ons nie die Jordaan laat oorsteek nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle goed wil wees vir ons, dan moet julle hierdie land vir ons gee, dit moet ons grond wees. Julle moenie vir ons sê dat ons oorkant die Jordaan-rivier moet gaan woon nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | *** |