Numbers 32:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses het aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en aan die kinders van Ruben en aan die helfte van die stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, die koning van Basan, die land met sy stede in die grondgebiede, die stede van die land rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe die gebied van Sihon, die koning van die Amoriete, en die gebied van Og, die koning van Basan, die hele streek met al sy stede en die dorpe daar rondom, vir die stamme Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Moses dan aan hulle gegee, aan die kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, die land volgens sy stede met die grondgebied wat daarby behoort, die stede van die land rondom. |
| Afrikaans 1983 | Moses het toe die koninkryk van koning Sihon van die Amoriete, en die koninkryk van koning Og van Basan, die hele streek met sy stede en die gebied daar rondom, aan die stamme Gad en Ruben en aan die halwe stam van Manasse seun van Josef gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het toe vir die nageslag van Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse, seun van Josef, die koninkryk van Sihon, koning van die •Amoriete, en die koninkryk van Og, koning van Basan, gegee – die gebied volgens sy stede, met die omliggende grond van die stede in die gebied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het toe die grond vir hulle gegee. Hy het vir die Gad-stam en die Ruben-stam en die helfte van die stam van Manasse seun van Josef die lande gegee van Sihon koning van die Amoriete en die lande van Og koning van Basan. Dit was die lande met die stede en die grond rondom die stede. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het toe die koninkryk van koning Sihon van die Amoriete asook die koninkryk van koning Og van Basan vir die stamme van Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse gegee as hulle erfdeel. |