Numbers 32:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê Moses vir hulle: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, sal elkeen wat gewapen is om te veg, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle onderwerp word; dan moet julle die land Gílead aan hulle as besitting gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir hulle gesê: “Wanneer al die gewapende mans van Gad en Ruben saam met julle deur die Jordaan getrek het om vir die Here te gaan oorlog maak en die land aan julle onderwerp is, moet julle die gebied van Gilead vir hulle gee as hulle eiendom.
Afrikaans 1933/1953 en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land G¡lead as 'n besitting.
Afrikaans 1983 gesê: “As die mense van Gad en Ruben, al hulle gewapende manne, saam met julle deur die Jordaan gaan en voor die ark van die Here uit optrek om te gaan veg, en die land aan julle onderwerp is, moet julle die Gileadgebied aan hulle as 'n besitting gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het vir hulle gesê: “As die nageslag van Gad en Ruben saam met julle die Jordaan oorsteek, elkeen wat gewapen is vir die geveg voor die Here, en die land voor julle onderwerp is, moet julle vir hulle die land Gilead gee as erfgrond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Die manne van die Gad-stam en die Ruben-stam moet saam met julle oor die Jordaan-rivier gaan. Elkeen moet sy wapens vir die oorlog saamneem. Die Here sal dit sien. As julle die land oorwin, dan moet julle die land Gilead vir die manne gee, dit moet hulle land wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As al Gad en Ruben se soldate saam met julle oor die Jordaanrivier trek en saam met julle daar gaan veg, moet julle vir hulle hierdie gebied in Gilead gee nadat julle die land ingeneem het.