Numbers 32:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bou vir julle stede vir julle kindertjies en krale vir julle skape; en doen wat uit jou mond uitgegaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan bou nou die veilige plekke vir julle gesinne en die krale vir julle vee. Onthou net om te doen wat julle beloof het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Bou vir julle stede vir jul kinders en krale vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het. |
| Afrikaans 1983 | Bou gerus die stede vir julle gesinne en die krale vir julle kleinvee, maar doen wat julle gesê het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Bou self stede vir julle afhanklikes, en krale vir julle kleinvee; maar wat oor julle lippe gekom het, moet julle uitvoer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle mag stede bou vir julle kinders en oumense, en krale vir julle skape en bokke, maar julle moet doen wat julle belowe het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So, bou gerus stede vir julle mense en krale vir julle vee. Maar daarna moet julle julle belofte nakom.” |