Numbers 32:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die land moet onderwerp word voor die aangesig van die HERE; en hierdie land sal julle besitting wees voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en die land aan die Here onderwerp is, dan eers kan julle terugkom. Julle sal dan vrygestel wees van julle plig teenoor die Here en teenoor Israel. Dit sal eers dan die land wees wat die Here vir julle gee. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle 'n besitting word voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Eers wanneer die Here die land onderwerp het, mag julle terugkom en sal julle vrygestel wees van julle verpligting teenoor die Here en teenoor Israel. Dan kan julle hierdie gebied uit die hand van die Here ontvang as julle besitting. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die land voor die Here onderwerp is, kan julle daarná terugkeer. Julle sal dan sonder blaam wees teenoor die Here en teenoor Israel, en hierdie gebied sal in die oë van die Here vir julle erfgrond wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat die Here vir julle en die ander Israeliete gehelp het om die land te oorwin, kan julle terugkom, want dan het julle gedoen wat julle vir die Here en vir die ander Israeliete moes doen. Hierdie land sal dan aan julle behoort, die Here gee dit vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en die land ingeneem het. Dan eers kan julle terugkom hiernatoe. Want dan het julle julle plig teenoor die Here en die ander Israeliete nagekom. Dan sal die Here hierdie gebied aan die oostekant van die Jordaanrivier vir julle gee. |