Numbers 32:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ons sal nie saam met hulle erwe aan die oorkant van die Jordaan of vorentoe nie; want ons erfdeel is aan ons toevallig aan die oostekant van die Jordaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons wil nie saam grond aan die ander kant van die Jordaan hê nie. Ons wil eerder grond hier aan die oostekant van die Jordaan hê.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ons sal nie saam met hulle wes van die Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen sonop, ons s'n geword het. |
| Afrikaans 1983 | Ons wil nie saam met hulle aan die westekant van die Jordaan ons besitting hê nie, ons wil ons besitting hier oos van die Jordaan hê.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want ons wil nie saam met hulle 'n erfdeel hê oorkant die Jordaan en verder weg nie. Nee, ons erfdeel het ons aan die oostekant van die Jordaan toegeval.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil nie saam met die Israeliete grond kry anderkant die Jordaan-rivier en verder nie, want ons wil hierdie grond hê, langs hierdie kant van die Jordaan-rivier, oos van die rivier.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons is nie negatief nie, maar ons wil nie grond aan die oorkant van die Jordaanrivier hê nie. Die grond hier aan die oostekant van die rivier is ons grond.” |