Numbers 32:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar ons sal self gewapend voor die kinders van Israel uit gaan totdat ons hulle na hulle plek gebring het; en ons kindertjies sal in die omheinde stede woon vanweë die inwoners van die land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons sal egter dadelik ons wapens vat en voor die Israeliete uittrek totdat ons hulle by hulle blyplek gebring het. Intussen kan ons gesinne veilig wees teen die inwoners van die land in die plekke wat ons gebou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar ons self sal ons haastig wapen voor die oë van die kinders van Israel, totdat ons hulle op hul woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die bewoners van die land. |
| Afrikaans 1983 | maar ons sal dadelik ons wapens vat en aan die voorpunt van die Israeliete trek totdat ons hulle by hulle bestemming gebring het. Intussen kan ons gesinne in die versterkte stede woon en so sal hulle veilig wees teen die inwoners van die land. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar ons, ons sal ons in slagorde bewapen aan die voorpunt van die Israeliete, totdat ons hulle by hulle plek gebring het, terwyl ons afhanklikes in die versterkte stede bly woon vanweë die inwoners van die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar ons manne sal gereed wees om oorlog te maak, en ons sal voor die Israeliete gaan totdat ons hulle by hulle plek gebring het. Maar ons kinders en oumense moet in stede woon wat sterk mure het om hulle te beskerm teen die mense wat in die land woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna sal ons ons wapens bymekaarmaak en in die voorste linies van die Israeliete gaan veg. Ons sal saam met hulle oor die rivier trek en saam met hulle veg totdat hulle almal in hulle eie land ’n plek het om te bly. Intussen kan ons vroue en kinders veilig hier agterbly in die stede wat ons vir hulle gebou het, want die mure om die stede is sterk en hoog genoeg om hulle te beskerm. |