Numbers 32:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het nader gekom na hom en gesê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kindertjies.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het Moses geantwoord: “Ons wil maar net intussen krale hier bou vir ons vee en veilige blyplek vir ons gesinne.
Afrikaans 1933/1953 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.
Afrikaans 1983 Hulle het toe vir Moses gesê: “Ons sal hier krale bou vir ons kleinvee en stede vir ons gesinne,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar hulle het tot by hom gekom en gesê: “Veekrale sal ons hier bou vir ons diere en stede vir ons afhanklikes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe kom die mense van die Ruben-stam en die Gad-stam nader na Moses toe en hulle sê: “Ons wil hier vir ons skape en bokke krale bou, en ons wil stede bou vir ons kinders en oumense,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die stamme van Ruben en Gad kom toe met ’n voorstel na Moses toe: “Laat ons toe om vir ons vee krale te bou en stede met sterk mure waarin ons vroue en kinders veilig sal wees.