Numbers 32:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat die hele geslag wat gedoen het wat verkeerd is in die oë van die HERE, omgekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here was so kwaad vir Israel dat Hy hulle 40 jaar lank deur die woestyn laat rondtrek het, totdat daardie hele geslag wat teen Hom oortree het, uitgesterf het.
Afrikaans 1933/1953 En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.
Afrikaans 1983 Die Here was baie kwaad vir Israel en het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat die hele geslag omgekom het wat in sy oë verkeerd gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het teen Israel ontbrand en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat nie een meer oorgebly het van die hele geslag wat gedoen het wat verkeerd is in die oë van die Here nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het kwaad geword vir die Israeliete, Hy het hulle 40 jaar lank in die woestyn laat rondswerf, totdat die hele geslag gesterf het, die Here het nie van daardie geslag gehou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In sy woede het die Here Israel 40 jaar lank in die woestyn laat rondtrek totdat die hele geslag wat Hom so kwaad gemaak het, dood was.