Numbers 32:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarlik, nie een van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het My nie heeltemal gevolg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dat niemand bo twintig jaar oud wat uit Egipte getrek het, die land sou sien wat Hy met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het nie. Hulle was nie getrou aan die Here nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die land sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het nie; want hulle het nie volhard om My te volg nie -- |
| Afrikaans 1983 | *** |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Die manne van twintig jaar en ouer, wat uit Egipte opgetrek het, sal nie die land sien wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het nie; want hulle het My nie met volharding gevolg nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘So seker soos Ek lewe, die manne wat 20 jaar oud of ouer is en wat uit Egipte gekom het, sal nie die land sien wat Ek belowe het om vir Abraham, Isak en Jakob te gee nie, want hulle het opgehou om in My te glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Al het Ek vir Abraham en Isak en Jakob belowe dat hulle nageslag in die land sou bly, sal Ek sorg dat nie een van die mans van twintig en ouer wat Ek uit Egipte verlos het, in hierdie land sal intrek nie. Hulle verdien dit nie, want hulle het My nie voluit vertrou nie. |