Numbers 32:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die toorn van die HERE het in dieselfde tyd ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe baie kwaad geword vir hulle en gesweer
Afrikaans 1933/1953 Daarom het die toorn van die HERE dieselfde dag ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:
Afrikaans 1983 [10-11] Dié dag het die Here baie kwaad geword omdat hulle Hom nie getrou gevolg het nie. Hy het met 'n eed verklaar dat die manne van twintig jaar en ouer wat uit Egipte getrek het, nie die land sou sien wat Hy met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het op daardie dag ontbrand en Hy het 'n eed afgelê,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het daardie dag kwaad geword. Hy het gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het daardie dag so kwaad geword dat Hy ’n plegtige belofte gemaak het: