Numbers 31:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die kinders van Israel het al die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes geneem en die buit van al hulle vee en al hulle kleinvee en al hulle besittings geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die Midianitiese vroue met hulle kinders gevange geneem. Hulle het ook al hulle beeste, vee en eiendom buitgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
Afrikaans 1983 Hulle het die Midianitiese vrouens met hulle kinders gevange geneem, en al die beeste, kleinvee en besittings buitgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Israeliete het die vroue van Midian en hulle kinders gevange geneem. Al hulle diere, al hulle lewende hawe en al hulle besittings het hulle buitgemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het die vroue van die Midianiete en hulle kinders gevang en saamgevat. Hulle het ook al hulle diere, al hulle skape en bokke en al hulle goed gevat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het al die Midianitiese vroue gevang, hulle beeste en kleinvee gevat en hulle besittings gestroop.