Numbers 31:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die konings van Mídian gedood, behalwe die res van die wat gedood is; naamlik Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, vyf konings van Mídian; ook Bíleam, die seun van Beor, het hulle met die swaard gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyf Midianitiese konings Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba is in die geveg dood. Die Israeliete het ook vir Bileam, die seun van Beor, doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hulle die konings van M¡dian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van M¡dian; ook het hulle B¡leam, die seun van Beor, met die swaard gedood. |
| Afrikaans 1983 | Onder die gesneuweldes was die vyf Midianitiese konings Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Die Israeliete het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het selfs die konings van Midian doodgemaak. Onder die gesneuweldes was Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, die vyf konings van Midian. Ook Bileam, seun van Beor, het hulle met die swaard doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en ook die konings van Midian saam met die mans. Die vyf konings van Midian was Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Die Israeliete het ook vir Bileam seun van Beor doodgesteek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Onder die mense wat doodgemaak is, was die vyf Midianitiese konings: Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba. Hulle het ook vir Bileam seun van Beor doodgemaak. |