Numbers 31:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend uit elke stam, hulle en Pinehas, die seun van Eleásar, die priester, na die oorlog, met die heilige instrumente en die trompette om te blaas in sy hand.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het hulle uitgestuur om te gaan veg, 1 000 man uit elke stam, met Pinehas, die seun van die priester Eleasar, as hoofaanvoerder. Hy het gewyde voorwerpe uit die tabernakel en die trompette by hom gehad waarmee die oorlogsein gegee moes word.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en P¡nehas, die seun van die priester Ele sar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
Afrikaans 1983 Moses het hulle, duisend uit elke stam, saam met Pinehas seun van die priester Eleasar gestuur om te gaan veg. Pinehas het gewyde voorwerpe, die trompette om die seine te gee, saamgevat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het hulle, die duisend uit elke stam, gestuur op die veldtog, hulle en Pinehas, seun van die priester Eleasar. Vir die veldtog het Pinehas die heilige voorwerpe en die trompette vir die waarskuwingsein by hom gehad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het hulle gestuur om oorlog te gaan maak. Daar was 1 000 manne van elke stam. Pinehas seun van die priester Eleasar het saamgegaan. Hy het die gewyde dinge by hom gehad, en ook die trompette wat hulle moes blaas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het die soldate saam met Eleasar se seun Pinehas gestuur om te gaan veg. Hulle het van die spesiale voorwerpe saamgevat wat hulle in die tabernakel gebruik het om God te dien en ook die trompette waarmee hulle seine aan die soldate kon gee.